Hoe om n Bybelstudiegroep te begin
Ons glo God wil jou gebruik net soos jy is en waar jy bly, werk of sosialiseer om ‘n ewigheidsimpak te maak. Hier is drie maklike stappe om te begin:
1. BID
... dit alles begin met gebed en verhoudings.
● Bid vir n vriend wat jou sal help om die Bybelstudiegroep te begin.
● Bid gereeld saam. Vra God vir Sy plan en leiding.
● Bid terwyl jy deur jou plaaslike omgewing stap. Vra God vir Sy seën en beskerming.
● Bid vir mense by die naam. Vra God vir geleenthede om mense te ontmoet en vir hulle
om te gee en te dien. Gebare van omgee en geopende harte bou en versterk verhoudings.
● Bid dat hulle geïnteresseerd sal wees om die Bybel te bestudeer.
VERHOUDINGS
● Kom in aanraking met ander wat naby jou bly, werk of sosialiseer. Wees vriendelik en bemoedigend.
● Neem inisiatief om gesprekke te begin– vra goeie vrae en luister aandagtig.
● Spandeer tyd saam, oor ‘n koppie tee, koffie of ʼn maaltyd.
● Wees op die uitkyk vir geleenthede om lief te hê, om te gee en te dien.
2. SKAKEL IN
... bevestig diegene wat geïnteresseerd is.
BEPLAN ‘n ONTMOETING
● Kies ‘n plek, tyd en datum.
● Maak ‘n lys van die mense wat jy graag wil nooi.
● Bid en nooi hulle uit om te kom.
● Beplan om verversings te bedien as jy wil.
● Stel ‘n lys van vrae op om gesprekke te begin, of beplan ‘n “kenmekaar” aktiwiteit vir die byeenkoms.
GIDS VIR DIE BYEENKOMS
● Bedien tee, koffie en/of verversings.
● Verwelkom almal, stel jouself voor en leer mekaar ken (maak van vrae of aktiwiteite gebruik) en sit genoeg tyd opsy om die geleentheid saam te geniet.
● Aan die einde van julle samekoms sê iets soos “ Ons het ‘n goeie tyd saam gehad. Ek wil graag ‘n veilige omgewing en ‘n omgee-gemeenskap bied waar ‘n groep van ons die Bybel saam kan bestudeer, ontdek wat dit sê en hoe ons persoonlik daarby kan baat. Stel my asseblief in kennis as jy daarin sou belangstel.”
3. LEI
... begin.
● Laai die Studiegids vir elke persoon af en druk dit uit.
● Kies een van die vier stelle Voorgestelde Skrifgedeeltes uit die Studiegids.
● Groepslede sal 'n klein notaboek benodig om hul antwoorde op elke dag se vrae aan te teken.